Phone Annie On +27 83 270 1995

Super Seniors

Super Seniors – ‘n Geskenk vir die Samelewing

Annie se Navorsing en Projek oor ‘Hoe om gesond en gelukkig oud te word’, het reeds in die jaar 2000 afgeskop.

Daarna het sy elke jaar ten minste een groep Seniors op ‘n Opleidings-reis geneem van 12 weke, om die wenke en aktiwiteite te toets. Resultate van haar projek het boekdele in die lewens van deelnemers gespreek en talle artikels met fotos het in tydkskrifte verskyn.

Na 17 jaar se navorsing en gevalle-studies het sy die kursus-inhoud van 12 weke verwerk in ‘n selfhelp WEKBOEK waar die leser op sy/haar eie reis kan gaan na Vernuwing en Verjonging. Dit is ‘n 200-bladsye boek vol praktiese uitdagings en wenke wat inspireer en aanmoedig om so oud te word, dat jy ‘n GESKENK vir die Samelewing is. Dit is moontlik dat JY die ‘vlam’ is wat helder skitter, daar waar jy woon!

Die koste van hierdie pragproduk is R260.00 met posgeldkoste wat bygevoeg sal word.

Verras jou familie, vriende en persone wat TE vroeg begin oud word, met hierdie geskenk!

Posgeld van Boeke (op tot 5 kg) bly dieselfde as om een boek te bestel.

Bestel hierdie boek van Annie self – jy kan ‘n epos aan haar stuur. (annie@anniecoetzee.co.za)

Jy kan ook die boek bestel van die Aanlyn-Boekwinkel met besonderhede as volg.

Bestel Aanlyn Hier

Meer oor die Outeur

Annie begin haar loopbaan in Pretoria, in die 70’s as ’n onderwyser in Engels en Musiek.

In die 80’s studeer sy verder in Sielkunde en beklee ’n posisie as Lektrise by die Universiteit van Stellenbosch in Opvoedkundige Sielkunde. Tydens daardie jare voltooi sy ook ’n kursus in Spoedlees en Leestegnieke deur Evelyn Wood Reading Dynamics van die VSA, wat haar in staat stel om ’n meer suksesvolle navorser te wees. So kry sy ’n posisie by UNISA as Navorser in Menslike Ontwikkeling en haar doelwit in die lewe begin vorm aanneem: Om mense te help om hul oneindige potensiaal te bereik op alle ouderdomme.

Sy studeer en neem deel aan ’n verskeidenheid opleidingskursusse om haar in staat te stel om met meer kennis en insig ander volwassenes te help.

Hierdie kursusse het die volgende ingesluit:

  • Kreatiwiteit en Kreatiewe probleemoplossing. (Kreatiwiteitstigting van Suid-Afrika, sommige state in die VSA en ook in Europa.)
  • Neuro Linguistic Programming. NLP in Business.
  • Neuro Coaching and Brain Plasticity.
  • Neuro-Anatomy.
  • The Dynamic Trainer (Kagan & Kagan USA.)
  • Investment in Excellence (The Pacific Institute.)
  • Toastmasters International (Communication and Leadership vir 10 agtereenvolgende jare.) Behaal die ATM GOLD toekenning.
  • DUKE Corporate Education – Sandton Johannesburg.

So is sy ook professioneel toegerus om as Konsultant, Opleier en Prestasie-Afrigter by Maatskappye en Privaatgroepe opleiding te verskaf.

Emosies en Emosionele Intelligensie, lê haar swaar op die hart, veral omdat sy ontdek hoeveel menslike probleme spruit uit onkunde om emosies intelligent te bestuur. Sy woon kursus na kursus in Emosionele Intelligensie by en tree ook op by die eerste Internasionale Konferensie oor Emosionele Intelligensie in Kaapstad met haar tema: ‘Hello HEART –  Welcome to the Business World!”

Sy is ten volle gekwalifiseerd as ‘n Emosionele Intelligensie Lewensafrigter.

Wat fiksheid en gesondheid betref, bekwaam Annie haar as ’n Pilates Instrukteur by ‘Body, Arts and Science International’ en begin in 2017, klasse in Pilates aanbied.

Sy is die skrywer van 11 Selfhelpboeke, elkeen gerig op ’n beter brein, meer suksesvolle emosionele insig en ’n groter wysheid met jou liggaam. Haar passie is om veral die bo 50’s te motiveer, dat die lewe tot op die einde, steeds voluit en met vreugde geleef kan word.

Haar visie vir die Suid-Afrikaanse mark is om Instrukteurs op te lei, om die Super Senior Kursus aan te bied by Kerke, Lewensstyl-oorde en Aftree-oorde.

Die 17-jaar se opleiding en beoefening om seniors jonger en gesonder te kry, het haar oortuig dat mense bo 50, 60 en selfs ook in die 90’s, steeds baie het om aan die samelewing te bied.

Haar boek: ‘Super Seniors: ’n Geskenk vir die Samelewing’ sal as aanvulling dien, tesame met die volledige kursusmateriaal van 12 modules, om hulle toe te rus vir die toekoms. Die kursusmateriaal bevat ook videos, ‘power points’ en ekstra oefeninge wat tydens die kursus aangebied sal word.

Annie het ’n visie om nuwe Instrukteurs op te lei, sodat daar in elke dorp en stad iemand is wat die blye boodskap uitdra dat seniors nie ’n las vir die omgewing is nie, maar eerder ’n aanwins.

Skakel of stuur ’n Epos aan haar kantoor indien jy belangstel om opgelei en daarna gesertifiseer te word as ’n Super Senior Instrukteur van Creative Brain Management. Meer inligting sal dan voorsien word. Nuwe, gesertifiseerde Instrukteurs kan sodoende ’n nuwe loopbaan uitleef en ook hul eie inkomste met die aanbiedings verdien.

Groot Stappe

Inspirasie

Vreugde

Elke Bal

Die koste van hierdie pragproduk is R260.00 met posgeldkoste wat bygevoeg sal word.

Verras jou familie, vriende en persone wat TE vroeg begin oud word, met hierdie geskenk!

Posgeld van Boeke (op tot 5 kg) bly dieselfde as om een boek te bestel.

Bestel hierdie boek van Annie self – jy kan ‘n epos aan haar stuur. (annie@anniecoetzee.co.za)

Jy kan ook die boek bestel van die Aanlyn-Boekwinkel met besonderhede as volg.

Bestel Aanlyn Hier

Annie Lees Grepe Uit Haar Boek

Hierdie kort videotjie gee ‘n blik op die hele tema en vertel ook meer oor hoe my REIS met seniors begin het. Geneit dit! Word immergroen ouer.

Dit is moontlik om 15 tot 20 jaar van jou IDouderdom af te trek, as jy meer weet oor jou brein, jou hart en emosies,asook jou lyf se boodskappe. Geniet die kort ‘teazer’.

Die reeks met ‘n werkboek hou vele uitdagings en aktiwiteite in wat Verjonging en Hernuwing skep. Gee jouself ‘n KANS.

Geniet die kort ‘teazer’ oor dierolvan Lewens-energie en hoe belangrik dit in jou lewe en jonkheid is.

Enkele minute om jou uit te nooi en meer te hoor oor WAT ‘n Super Senior is, en waarom hulle Kreatiewe Probleem Oplossers is.

Hierdie kort uittreksel uit die reeks vertel meer oor die inhoud en verwys ook na die verskil tussen ID en Funksionele Ouderdom. Jy KAN ‘n wonderdaad in jou omgewing wees.

Geniet die kort uittreksel met kernwoorde: ‘LEEF jou Drome.’ Deel gerus met jou vriende!

Kort ‘teazer’ van die reeks met die titel: Wonderwerke is moontlik!

Geniet nog ‘n kort ‘teazer’ met die titel: JY, die Glansgooier van jou lewe!

Geniet die kort ‘teazer’ oor hoe jou toekomsblik lyk en evalueer die duur lesse wat jy al geleer het.

Inleiding Tot Annie Se Boek “Super Seniors”

Liewe leser, my storie omtrent gesond en gelukkig ouer word het in Januarie 2003 meer ernstig begin afskop toe ek met die eerste fokusgroep bo sestig in Pretoria begin werk het. My inspirasie was groot en omdat ek op internasionale vlak opgelei is in lewensafrigting, was dit my doel om werklike resultate te sien. My soeke na antwoorde het voortgeduur selfs nadat ek vir jare ’n onderwyser en lektrise was in opvoedkundige sielkunde. Ek het na elke werkswinkelsessie aan die deelnemers gevra wat hulle meer van sou wou weet en dan het ek dieper gaan soek. As ek terugdink aan hierdie eerste jare met die werkswinkels, besef ek opnuut hoe intens my begeerte was om nie net nog ’n selfontwikkelingsboek te skryf nie, maar wel ’n boek wat die senior persoon sal laat uitsien na ’n beter lewenskwaliteit. En ja, ek praat van kop tot tone!

Wanneer jy nou ontspanne en met fokus die boek deurwerk, moet ek noem dat die uitkomste nie so eenvoudig en vinnig is nie. Dit is nogtans getoets en die fokusgroepe met wie ek gewerk het, het groot baat daarby gevind. Ek het ook baie aandag geskenk aan die talle versoeke en het elke briefie van honderde seniors deeglik gelees. So het ek ook op datum gebly met kursusse oor die brein en hartintelligensie en myself gekwalifiseer as ’n Pilates instrukteur en fiksheidstapper om die liggaamswyshede akkuraat oor te dra. Soos wat elke week se werkswinkels gevorder het, het ek besef dat verandering besliste wenke nodig het. Wenke wat die brein, hart en emosies, asook die lyf se wysheid, saam in harmonie laat woeker, om vernuwing ’n realiteit te maak en te behou.

So het ek besluit om ook my ondervindings en insigte oor die ‘Wet van Aantrekkingskrag’ te deel. Ek het onvoorwaardelik tot die besef gekom dat niks wat ons begeer ‘net sommer’ gebeur wanneer ons heeltyd positiewe gedagtes dink nie. Net te veel probeerslae en ware stories van mense in my groepe het my oortuig dat ons sélf op kreatiewe maniere ons brein, hart en liggaam se intelligensies volkome moet gebruik om drome en begeertes waar te maak.

Ek was nog altyd gefassineer met ouer word. Selfs as jong student kon ek merk dat sekere seniors gemakliker oud word en ander nie. Dit het my laat dink aan die vers in Spreuke 4:23 wat sê “Wees veral versigtig met dit wat in jou hart gebeur, want dit bepaal jou hele lewe.” Dalk dink die meeste mense steeds dat die hart net bloed pomp. En tog, deeglike nagevorsde inligting maak dit duidelik aan ons bekend dat die hart kan voel, hoor, reageer en wyse antwoorde en boodskappe het, wanneer ons stil raak en die brein ‘toestemming’ gee om die hart se wysheid in te roep.

Dit is met totale eerlikheid en oorgawe dat ek met jou deel wat vir my en baie ander ’n realiteit geword het. Ons sien uit na die toekoms en wil immergroen oud word.

Een van die eerste lesse wat ek geleer het was om nie dit wat ek ervaar het, te vinnig met iemand te deel nie. Veral toe ek in my eie lyf die waarde van brein-, emosionele- en geestelike fiksheid ontdek het. Daar is ongelukkig mense wat definitiewe, negatiewe opinies oor die onderwerp het, en wanneer ’n mens twyfel, het dit wel ’n effek op jou.

Respekteer hul opinies. Moenie oordeel nie en bly dapper en entoesiasties oor jou eie toekoms en ’n nuwe verhouding met jouself.

Al is ’n mens se persoonlikheid sterk, is dit so dat jou omgewing, en die persone met wie jy die meeste verkeer, sterker is as jou eie wil. Ek moes dit ondervind voordat ek dit kon glo. Stil-stil, en tog met vreugde behoort jou lewe en jou lyf self die getuienis te wees van verandering en verjonging. Jy mag intuïtief ervaar dat jy nuwe vriende nodig het.  Lewensenergie is aansteeklik. (Meer daaroor in hoofstuk 10)

Neem nou jou tyd om deur die doelwitte te lees. Maak dit jou eie. Dit is opwindend, maar hou ook groot uitdagings in. Wanneer dit kom by my lyf, die voertuig waarmee ek deur die lewe moet reis, is ek hiper ernstig daaroor. My voertuig moenie hakplekke en stukkende dele hê nie. Die lewensreis is te belangrik en hou ongelooflike mooi dinge in wat ek nog wil beleef!

My doelwitte met hierdie Boek

  • Om van voor af verlief op die lewe te raak.
  • Om jou eie breinkrag opnuut te ontdek en dan sinvol te gebruik.
  • Om van negatiewe gedagtes en gevoelens genees te word en te leer hoe om dit te vermy.
  • Om getrou aan jouself te wees en dus te dink, doen en praat soos wat jy werklik is.
  • Om jou kragtige hartkrag te ontdek en dit so te gebruik dat jy ’n wonderwerk in jou omgewing sal wees.
  • Om ’n suksesvolle kommunikeerder te wees, sodat jou spraak en woorde aangenaam, positief en bevrydend sal wees.
  • Om emosioneel fiks te word en te leer hoe om die storms van die lewe kreatief en met hoop te hanteer.
  • Om jou eie liggaam te ken en te verstaan, dus te luister na wat jou liggaam vir jou vertel en te weet wat om met die boodskappe van jou liggaam te maak.
  • Om ’n gesonder mens te wees.
  • Om soepel en beweeglik te bly, ook te stap, staan en sit soos iemand wat 15 tot 20 jaar jonger is as jy.
  • Om ’n probleemoplosser te word.
  • Om weer soos ’n kind te kan glo in die beloftes van die Bybel.

Ek sluit hierdie hoofstuk af met die woorde wat my heel eerste groep in 2003 aan my oorhandig het tydens ons vieringsaand van hulle sukses.

OORKONDE

ANNIE COETZEE – 4 JULIE 2003 

Op ʼn helder somersoggend ontmoet ons ’n slanke jong vrou wat, met ’n wip in haar stap en ʼn vonkel in haar oë, binne enkele minute daarin slaag om diep in die harte van haar gehoor in te kruip.

Hierdie kennismaking en die daaropvolgende twintig ontmoetings sou verreikende gevolge in die lewens van die ‘ Yuppie Seniors’, soos sy die groep gedoop het, uitoefen.

Maar haar deernis teenoor en passie vir ouer mense het sy haar persoonlike visie, naamlik verjonging en vernuwing, op so ’n begeesterende wyse oorgedra dat dit nie anders kon as om ontwaking en nuwe hoop te bring nie.

Haar uitgesproke uitlewering van haar Christelike geloof en haar uitmuntende vakkundigheid het as inspirasie gedien om langvergete spiere en verstokte denkpatrone weer tot nuwe vaartbelynde soepelheid te beweeg. Die logika van ’n holisties gesonde leefwyse is so dinamies oorgedra en ingeskerp dat ons sienderoë wonderwerke begin beleef het.

Eeu-oue en Bybelse waarhede is opnuut oopgebreek en nuwe, opwindende ontdekkings aangaande die wonderlike wyse waarop die mens saamgestel is; dat daar steeds ’n lewensdoel is – selfs vir bejaardes. Of dalk juis vir diegene met die kundigheid en lewensrypheid, wat die stormagtige gejaag van die lewensreis voluit af te lê deur met groter harts-energie ’n verskil te maak.

Ons wil jou alle sukses en sterkte toebid op die pad vorentoe. Mag jou grondgebied vergroot word en jy tot seën wees in die lewe van elke mens met wie jy in aanraking kom.

Hiermee dan, Annie, ons opregte dank en waardering

van jou eerste amptelike groep “YUPPIE SENIORS” –

DIE CENTURION GROEP VAN 2003

Die koste van hierdie pragproduk is R260.00 met posgeldkoste wat bygevoeg sal word.

Verras jou familie, vriende en persone wat TE vroeg begin oud word, met hierdie geskenk!

Posgeld van Boeke (op tot 5 kg) bly dieselfde as om een boek te bestel.

Bestel hierdie boek van Annie self – jy kan ‘n epos aan haar stuur. (annie@anniecoetzee.co.za)

Jy kan ook die boek bestel van die Aanlyn-Boekwinkel met besonderhede as volg.

Bestel Aanlyn Hier

Newsletter
Subscribe to my newsletter for helpful hints, tips and articles!

    Your Name (required)

    Your Email (required)

    Anti Spam Code

    captcha

    Please Enter Anti Spam Code

    Testimonials
    Loading Quotes...