Lewenslus: Wenke wat werk
Ons word almal gekonfronteer met hope idees en wenwenke om ons lewenskwaliteit te verbeter.
Gedurende ‘n onderhoud met Mariette Snyman van Rooi Rose, was ek gevra om tog enkele ekstra wenke te gee vir vrouens (en mans) wat meer woema in hulle lewens wil inbou. Ek doen dit met graagte en hope vreugde!
‘n Aanvaarbare feit, is dat ons, ons LIGGAAM is. Dit wat jy en ander sien.
‘n Ander aanvaarbare waarheid, is dat ons eintlik is wat ons dink en voel!
Ons moet dus daarin slaag om FEIT en WAARHEID bymekaar te bring. ‘n Groot en tog heerlike uitdaging. Mense sien net jou lyf. Op maniere kan jy wel wegsteek wat jy dink en hoe jy voel. Die baie slimmes tussen ons, mag moontlik sien dat wat jy wys met jou uiterlike, nie regtig is wie jy innerlik is nie.
So, daai lyf van jou praat boekdele, en volgens my gaan dit help as jy sekere dinge weet en ander dinge effens ‘op die rak’ plaas, omdat dit nie vir jou werk nie.
My eie persoonlike wenke vir meer lewenslus:
- Ek eet en drink reg. Nie te veel nie en nie te min nie! Wat water betref, drink ek water met suurstof in, en slegs so 7 glase per dag. Wat eet betref, het ek ontdek watter voedsel soorte my moeg en lam laat voel, en watter soorte my steeds ‘lig’ en gemaklik laat voel. Omdat ek nie in jou lyf kan klim nie, kan net jy ontdek watter voedsel soorte vir jou werk. Hier is ‘n goeie voorbeeld: Wanneer ek nie my proteiene met stysel saam eet nie, voel ek beter en ‘ligter’. ‘n Pasta aand is dus ‘n PASTA aand, sonder proteiene, en ‘n stywe, sterk VLEIS aand, is dus sonder stysel, en met groente en slaaie daarby. Om saam te vat: wat jy eet en drink beinvloed jou lewenslus!
- Ek vermy negatiewe self-gesels in my kop. Wanneer ek besef ek dink of herhaal iemand se woorde in my kop, en die woorde is negatief, het ek ‘n tegniek wat die selfpraat dadelik uit my kop uithaal. Ek stop waarmee ek besig is, en gebruik my hande om die gedagtes ‘uit te haal’ – letterlik asof ek die bedrading daarvan uittrek, deur my skedel en uit my kop uit! Dis nogal pre ten di twerk. Ek doen dit bewustelik.
- Ek het ‘n rede om op te staan in die oggend! Wel, jy mag nou dink dat dit ‘n simple wenk is, maar glo my: ek staan nie op omdat dit is wat mense elke dag doen nie Ek glo dat my taak hier op aarde nog nie klaar is nie. My werk is ook my passie – en dit is omk vrouens te bemagtig met waarhede wat SAAK maak! En terwyl ek so sit en dink en skryf, kom dit by my op: dalk het jy nog nie jou ware passie ontdek nie, dalk ploeter jy nog rond en doen te veel dinge, en te min daarvan is waarvan jy regtig hou! Vind ‘n Lewensafrigter wat jouk an help om jou DESTINY te ontdek, en doen lewenstake om hierdie destiny sterker en meer sinvol te maak.
In my boek; ‘Alles is nie NET in jou kop nie!’ wei ek ‘n hele hoofstuk toe aan hierdie onderwerp. Die hoofstuk neem jou dus deur praktiese stappe om jou destiny te ontdek! Die boek is beskikbaar by die Groep7 Online Bookstore. - Ek is uiters VERSIGTIG met wat ek sê. Hiermee bedoel ek, alles wat ek vir myself, oor myself sê. Dinge soos, “Dis so warm vandag, ek dink nie ek het krag vir hierdie aktiwiteit nie.’ Glo my, woorde soos hierdie het krag en kan jou lewenslus affekteer. Saam met hierdie wenk, noem ek ook op ernstige noot, dat ek NIE toelaat, dat wat ander van my sê, ‘n effek op my het nie. (bedoelende nou negatiewe woorde). Op eina maniere het ek ontdek date k tog maar soms negatiewe woorde moet afsny! Mense dink nie altyd goed wanneer hulle iets van jou sê nie, en wanneer jy byvoorbeeld moeg is, en jy hoor hoe iemand na jou verwys as ‘n ‘hiper-aktiewe drama queen’ is dit nodig om die woorde af te sny. En JA, ek bedoel dit soos dit hier staan: Ek maak ‘n skêr met my vingers en ‘sny die woorde’ af! Op die wyse,behou ek my eie denke en gevoelens oor wie en wat ek is!
- Ek is ekstra versigtig oor wie my vriendinne is. Hierdie sinnetjie mag normaal klink, maar asseblief, ek is so ernstig oor hierdie punt, dat ek bereid is om dit van die hoogste berg te verkondig! Jou vriendinne het ‘n groot invloed op jou. Soms kan jy net afskaal aan iemand omdat dit moeilik mag wees om die persoon te vermy. In so geval kan jy net minder en minder kuier, en die kontak stadig maar seker uitfasseer. Dit beteken nie dat jy altyd gewild gaan wees nie – maar dit beteken wel dat jy meer lewenslus gaan hê!
Om op te som: Omdat lewenslus aansteeklik is, en ons wêreld jou vreugde baie nodig het, moet jy besef dat jy iets daaraan kan doen.
Wees bewus van die feit dat jou energie iets is wat uit straall – of dit nou lae of hoë vlakke van energie is. Indien jy dus die dag baie met ander mense te doen gaan kry, is dit wys om jou lewenslus aan te wakker met praktiese wenke.
Daar is dae wat jy nie lewenslustig voel nie. Dis heeltemal OK en ook normaal. Ons is nog nie in die Hemel nie! Neem klein maar doelbewuste stappe om jou lewenslus te verhoog. Vind uit waarom jy passievol WIL leef en jaag dit na met alles in jou. My rede vir die lewe is seker die heel grootste rede vir my lewenslus!
En dan het ek met diepte en deernis ontdek hoe lekker dit is om LIEF te hê! Voluit lief te hê met hart en siel – o dit is sooo lekker!!
Dink aan jou geliefdes, en kry hulle van vooraf LIEF. Dis ook baie kragtig om jou lewenslus te verbeter!